News

Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Almal is vanoggend baie meer geduldig met Meyerstraat wat oop is, maar is daar digte mis in dié straat vanaf Kanonkop en ook ander uitbreidings van Middelburg aangemeld.

@middelburgobserver

Fog reported across large parts of Middelburg (Mpumalanga). This video shows fog in Meyer Street from Kanonkop side. Middelburg, Fog, DriveSafe

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Motoriste het ook laat weet dat daar digte mis is op die N11, Hendrinapad.

‘n Protesaksie teen hoë tariewe word beplan in Hendrina vanaf 09:00 by die dorp se munisipale kantore en gaan verkeer moontlik beïnvloed word.

Daar is pas ook mis aangemeld op die N4, Belfast se rigting.

Die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) is oop.

Sakelui in die Industriële gebied is omgekrap omdat reuse slaggate in die area net al hoe groter word. Veral as dit reën dam water op in die gate en kan kleiner voertuie beskadig word as hulle daardeur ry. Hulle maan Middelburgers om versigtig te ry in dié area.

Die slaggate in die industriële gebied word net al hoe groter! FOTO: Verskaf.
Veral as dit reën dam water in die gate op en besef motoriste nie hoe diep die gate is nie. FOTO: Verskaf.
  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button