News
Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Middelburgers sal bly wees om te hoor dat buiten vir die gewone oggendverkeer, daar nie enige ernstige probleme aangemeld is nie.
Motoriste het gister laat weet dat daar nuwe veiligheidsrelings aan die kante opgesit word in die Kranspoortpas.
Die industriële area moet steeds soos ‘n hindernisbaan genader word, want oral is diep slaggate.

Daar is geen mis of ongelukke aangemeld op die N4, N12, R555 (ou Middelburg/Witbank- en Stoffbergpad) en Vandyksdrifpad nie.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
