News

Sleepwa met kragopwekker agterop in industriële area gesteel

'n Sleepwa en kragopwekker is pas in die industriële area gesteel.

Daar is pas op noodgroepe laat weet dat ‘n sleepwa met kragopwekker omstreeks 20:30 in Literstraat in die industriële area gesteel is.

‘n Wit Ford bakkie het die sleepwa, waarop die kragopwekker was, gehaak en weggery.

Die bakkie wat die sleepwa en kragopwekker gehaak en weggery het. FOTOL Verskaf.
Die groen kragopwekker wat gesteel is. FOTO: Verskaf.
Kringtelevisie beeldmateriaal wys die groen kragopwekker agterop die sleepwa. FOTO: Verskaf.

Die registrasienommer van die sleepwa is DJR097FS.

Daar word gevra dat indien enigiemand die bakkie, sleepwa en groen kragopwekker sien, om Alex by 082 688 7233 te skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button