58 744 kilometer…en nog is dit einde niet!
Deriek Swart (62) is een van die dorp se aktiewe oor sestigjariges, wat ’n bergfiets trap dat hy huil.
Die jarelange inwoner van Middelburg (Sedert 1970), het vandat hy vier jaar gelede begin fietsry het, reeds 58 744 kilometer afgetrap.
Maar waarom ons soveel oor 60 aktiewe sportmanne?
“Op ons dorp kry jy net daardie spesiale mense, wat deel in mekaar se lief en leed. Dit is een groot familie wat mekaar verstaan en geniet om in mekaar se geselskap te wees,” sê hy.

Deriek is nie sommer so fietsryer nie, hy doen alles in die oortreffende trap.
Geen wonder hy was deel van die Munga equip wenspan in 2024 nie.
Hy het al vier keer 260 kilometer afstande afgelê, asook vier keer 150 kilometer.
In 2024 het hy ’n brons medalje verower deur 160km onder sewe ure af te lê.
Hy sê sy grootste prestasie was om saam met die Care Riders die moordende Munga aan te durf en die aflos te wen.
“Ek geniet my fietsry terdeë en is die Here dankbaar vir die gesondheid en geleentheid om dit te kan doen.”
Nog ’n vasbyter is Des Jelliman (72) wat Saterdag sy ouderdomskategorie gewen het by die Mpumalanga landloopkampioenskappe en op 6 September aan die Suid-Afrikaanse landloop kampioenskappe deelneem.
Sy leuse is: “Ouderdom is net ’n nommer.”
@middelburgobserver “Ouderdom is net ’n nommer” sê Des Jelliman, Middelburg se 72-jarige langafstand-atleet.
