Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Druk verkeer en protesaksie op paaie gaan vanoggend beslis ’n invloed op verkeer hê.
Motoriste wat pendel tussen Hendrina en Arnot het laat weet dat daar ’n protesaksie (klaarblyklik oor die hoë munisipale tariewe) net buite Hendrina is. Middelburgers wat na Kriel pendel sê daar is ook protesaksie by die Kriel/Kinross T-aansluiting.
Inwoners van Clubville is dankbaar dat die munisipaliteit die slaggate op die hoek van Robertson- en Hobsonstraat reggemaak het.
Sakemanne wat besighede het in die industriële area is egter al moedeloos, want hulle sê hul klagtes oor die slaggate val op dowe ore.
Suidstraat is ‘n nagmerrie by die bruggie duskant Celciusstraat en moet voertuie hard rem om nie skade aan hul voertuie op te doen nie. Daar is gemeld dat daar al twee maande ‘n waterlek is in die einste Suidstraat, asook in Amperestraat wat bydra tot die slaggate in die pad.
Gramstraat het ook verskeie slaggate wat sakelui warm onder die kraag maak.
@middelburgobserver Potholes galore! Roads in Middelburg’s industrial area are crumbling and business owners are fed up that nothing is done about it. Middelburg, RoadProblems, IndustrialArea



Die munisipaliteit is besig met herstelwerk aan paaie en word verkeer beïnvloed met padwerke in Cowen Ntuli tussen Lilian Ngoyi en Samora Machelstraat.
Daar is geen probleme op die N4, N11 (Middelburg/Groblersdal) en R555 (ou Middelbug/Witbankpad) aangemeld nie.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
