News

Bende klapmusdraers vlug leë hande na Kanonkop-huis geteiken word vir motorfiets

Nagskofwerker nie té moeg of té haastig huistoe om kriminele mis te kyk nie.

’n Motorhuis in Lilian Ngoyistraat is Woensdagmore net na 02:00 oopgebreek deur minstens drie klapmusdraers wat vermoedelik deel van ’n aktiewe motorfietsdiefstalsindikaat in die dorp is.

’n Op-en-wakker motoris, wat omstreeks 02:20 van die werk af huiswaarts gekeer en verby die Lilian Ngoyistraat huis gery het, het twee van die verdagtes buite die huis opgemerk.

Op dié stadium was die huis se hekmotor en motorhuis reeds oopgebreek, met die hekmotor wat op handbeheer gestel is sodat idie hek vinnig oop-en-toe getrek kon word.

Die motoris het egter die Middelburg Dagpatrollie-groep geskakel met lede wat hulself dadelik na die betrokke huis gesnel het.

Die hekmotor wat op handbeheer gestel is.

Die boewe was egter reeds weg, wat daarop dui dat ’n voertuig in die nabyheid was, om met die diewe en die gesteelde motorfiets weg te jaag.

Hulle plannetjie is egter deur Dagpatrollie-lede in die wiele gery, nadat lede binne minute vandat die noodoproep ontvang is, opgedaag het.

Die poging tot diefstal volg op talle ander soortgelyke motorfietsdiefstalle regdeur die dorp, waar verskeie voertuie en bakkies tydens die diefstalle op CCTV kameras opgemerk is.

Die eienaar van die huis is vol lof vir beide die motoris en die Dagpatrollie.

“Mense kan waarlik op die Dagpatrollie staatmaak, hulle doen ongelooflike werk en hul reaksietye is ongeëwenaar,” sê die huiseienaar.

Hy sê sekuriteit word tans tuis opgeskerp na die voorval.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button