News

Paaie deels weer ‘n plesier met laagwaterbruggie, en Meyerstraatbrug wat oop is!

Nou kan die verkeersmanne weer bietjie laat slaap...

Hoewel Sanral nog aan ander paaie werk, vloei piektydverkeer tussen Cowen Ntulistraat to Renosterstraat, en Walter Sisulustraat tot Meyerstraat, nou weer vrylik.

Die verkeersvloei is te danke aan die feit dat beide Meyersbrug, en die laagwaterbruggie agter Kees Taljaard Stadion, na onderskeidelik weke en maande weer oop is.

DA raadslid Johann Dyason wat as voorsitter op die raad se portefeuljekomitee vir infrastruktuur dien, sê hulle verwelkom die opening van die laagwaterbruggie. Hy las by dat hy steeds ontevrede is met die vertoon van die bruggie, wat hy sê onnetjies en onafgewerk voorkom.

Die deel van die brug wat weggespoel het, is met beton opgevul, terwyl ander dele van die bruggie netjies geteer is.

Die afrondingswerk aan die brug is volgens hom ook nie netjies gedoen nie.

Nietemin is daar nie geld vir oordoen nie, sê hy.

Die werk wat wel verrig is, is op standaard en motoriste kan gerus wees dat die bruggie veilig is.

Die bruggie is toegemaak omdat trokke tydens Meyerstraat se sluiting, kortpad oor die bruggie gevat het N11, en Stoffbergpad toe.

“Ons kon dit eenvoudig nie toelaat nie,” verduidelik hy.

Die munisipaliteit het onderneem om die bruggie dadelik te open, sodra Meyerstraat weer oopgemaak is.

Die munisipaliteit het sy woord gestand gedoen.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button