Dagpatrollie slaan bande-bende bloedneus met drie arrestasies
Selfs plase effens veiliger met Dagpatrollie aan die rol.
Dagpatrollie-lede is vanoggend weer vroeg uit die vere geruk met ‘n oproep van ’n plaaswag-groep van die Alzu/Wonderfontein landboustreek.
Boere in die omgewing het ’n verdagte voertuig wat na bewering verbind kan word met verskeie trokwiel diefstalle, omstreeks 04:00 vanoggend opgemerk.

Die voertuig was glo op pad na Middelburg met gesteelde trokwiele onderweg.
Dagpatrollie-lede het dadelik gemobiliseer en die voertuig is blitsig tussen Middelburg en Belfast naby Mafube-myn afgetrek.

Een van die beweerde wieldiewe is op die toneel vasgetrek, terwyl twee ander te voet laat spaander het.
Die twee verdagtes het nabye mielielande ingevlug en hommeltuie is ingespan.

Tesame met die gebruik van plaaskameras, is beide verdagtes omstreeks 06:30 in die mielielande vasgetrap.
Die polisie het al drie mans omstreeks 07:30 in die vangwa gelaai, en is in aanhouding.

Hulle sal binnekort hul eerste verskyning in die hof maak.
Daar is later bevestig dat minstens twee trokke wat geteiken is, later wielie op die N4 in die ry verloor het, weens wielmoere wat tydens die diestalle losgedraai is, waarme die trio nie kon wegkom nie.
