’n Trok het vanoggend net na 05:00 aan die brand geslaan digby Middelburg op die Bethalpad.
Die vlamme was reeds sigbaar volgens die motoris wat ’n video van die voorval geneem het, terwyl die trok nog in beweging was.
Die trok het egter kort hierna afgetrek.
Op die video kan gesien word hoe die vlamme aan die trok se linkerkant na die droeë gras lek.
@middelburgobserver A burning truck on the Bethal-road videoed by a motorist 18km outside Middelburg at 05:00 this morning.
Die motoris, wat agter die trok gery het, het op ’n stemboodskap op die Traffic-Alert WhatsApp-groep gesê dat die trok ongeveer 18km buite Middelburg op die Bethalpad afgetrek het.
Die motoris het gevrees dat die droeë gras sal vlamvat en gevra dat die brandweer uitgeroep word om ’n veldbrand te voorkom.
Die brandweer was wel kort daarna op die toneel.
Dit is tans nog onduidelik hoe die brand ontstaan het.
