News

Bulle kies afrigter vir stryd teen Griekwas

Beseringspook is in die Tuine.

Wanneer jou afrigter sy rugbystewels, wat hy al lankal weggepak het, in die kas moet gaan uithaal, om sy span uit te help, is dit nag.

Dit is presies die situasie by die Blou Bulle.

Die Skotse internasionale losvoorspeler wat al lankal uitgetree het en die Bulle se Curriebeker span die jaar help afrig, Josh Strauss, is op die plaasvervangerbank gekies vir more (Sondag) se wedstryd teen Griekwas.

Die kragmeting skop om 15:00 by Tuine Rugbyklub af.

Strauss is ’n deurwinterde rugbyman wat al vir die Leeus, Skotland en Bulle gespeel het.

Hy spits hom deesdae op afrigting toe.

Die Bulle het 46 spelers wat tans beseer is en daar moet geraap en skraap word om die Curriebeker span vol te maak.

Slot Marvin Orie is die jongste ongeval.

Bulle: 1. Ruan Swart 2. Esethu Mnebelele 3. Jean Erasmus 4. Sintu Manjezi 5. Dylan de Leeuw 6. Nama Xaba (Capt) 7. Junior Pokomela 8. JJ Theron 9. Zak Burger 10. Boeta Chamberlain 11. Aphiwe Dyantyi 12. Cornel Smit 13. Katlego Letebele 14. Cheswill Jooste 15. Stravino Jacobs 16. Shaun Schurmann 17. Simphiwe Matanzima 18. Bryan le Roux 19. Josh Strauss 20. Marco Ferreira 21. Brooklyn Newman 22. Liam Koen 23. PA van Niekerk.

Josh Strauss, is op die plaasvervangerbank vir more (Sondag) se wedstryd teen Griekwas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button