News

Nog pyn vir Blou Bulle se ondersteuners

Stonehouse seker soos brullende leeu na Pumas gly.

As die Curriebeker ’n boksgeveg was, sou die Blou Bulle, Westelike Provinsie en Haaie sekerlik die handdoek ingegooi het.

Dit is duidelik die sogenaamde groter unies het geen erg meer aan die Curriebeker nie.

Hulle sal nou wraggies nie een van hulle verenigde rugby kampioenskap spelers nadertrek om die sinkende skip om te draai nie.

Om die waarheid te sê, hulle staan aan boord en sien hoe sink die Curriebeker Titanic.

Dit is ’n bitter pil vir die spanne se ondersteuners om naweek na naweek te sien hoe word hulle spanne verneder.

Die Bulle het tydens ’n feesdag Sondag by Tuine weer skande gemaak met ’n 42-21 nederlaag teen Griekwas. Eina!

Dit is ’n laagtepunt vir so groot unie soos die Bulle om met hulle afrigter, Josh Strauss, te waag in ’n wedstryd.

Daarenteen speel die kleintjies soos Boland skitterende rugby en met die durf wat die Bolandtrui verdien.

Niemand het verwag hulle sou die omgesukkelde Pumas in Mbombela omdop nie. Jimmy Stonehouse moet ’n brullende leeu wees nadat sy span verlede naweek naelskraap teen die Leeus verloor het en Vrydagmiddag met 29-26 teen die Wynboere nadat hulle rustyd 21-3 voor was.

Mens kan eintlik sê die Pumas is soos die Aussies gemaak het, eSpringbok..

Moenie ’n fout maak nie. Stonehouse wil die Curriebeker wen en wys dat die oorwinning ’n paar jaar gelede teen Vrystaat geen gelukskoot was nie.

Soos hulle tans speel sal hulle sukkel om die uitspeelwedstryde te haal.

Die WP het ’n skamele een punt op die punteleer en die Haaie net ses met die Bulle wat rondploeter op 10.

Die Cheetahs en Boland is op 21 punte, Griekwas 20, Leeus 16 en Pumas 15.

Die Vrystaters het die naweek met 47-31 teen die Leeus gewen en die Haaie het die WP 29-21 geklop.

Die Boland se Donovan Don, wat meer bekend is as sewes speler, is die voorste driedrukker in die reeks met sewe drieë.

Vrydagaand 29 Augustus om 17:00 speel die Cheetahs tuis teen die Griekwas.

Die Bulle en Leeus is Saterdag om 15:00 in Johannesburg slaags, die Haaie speel om 17:00 tuis teen Boland en die WP pak die Pumas om 19:20 in die Kaap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button