News

Louis was ‘n wonderlike, man, pa en oupa

Toy Cason het haar man, Louis, vir twee jaar liefdevol versorg.

Louis Cason (80), die vriendelike toetsbeampte wat nog tot agt jaar gelede by die munisipaliteit gewerk het, is Sondag rustig by sy huis oorlede.

Toy, sy vrou wat hom die afgelope twee jaar versorg het, sê haar man het kort na hul seun, Louan (wat op 25 Junie 2023 oorlede is), se begrafnis siek geword en nege weke behandeling ontvang vir ‘n longinfeksie. Hy kon daarna nie weer loop nie.

Kort nadat Louis uit die hospitaal ontslaan is, is Eric, nog een van hul seuns, op 11 September 2023 oorlede. “Louis, eintlik ons albei, kon ons kinders se dood nie aanvaar nie. Dit was vir Louis te veel.”

Toy onthou hoe haar man die afgelope tyd fiseoterapie moes kry vir ‘n lastige longinfeksie. Die fisioterapeut het haar ook geleer hoe om self die fisioterapie te doen.

Sy het gereeld ook toegesien dat hy suurstof kry as sy asemhaling nie na wense was nie.

Sondagmiddag het sy gesien hy voel nie lekker nie en het haar seun, Ian, laat kom. Hulle het hom regop gehelp en is Ian omstreeks 21:00 huis toe.

Kort daarna het sy gesien die bloeddrukmasjien wil nie sy bloeddruk neem nie en het sy ook gevoel dat hy net ‘n ligte pols het. “Hy het daarna nog vier maal asemgehaal, waarna hy gesterf het. Ek dink sy hart het net gaan staan.”

Paramedikuste het hom ‘n rukkie later dood verklaar.

Sy het hom beskryf as ‘n wonderlike man, pa en oupa.

Hy word oorleef deur Toy, seun Ian, skoondogter Engela, sewe kleinkinders en een agterkleinkind.

Die begrafnis is Vrydag om 11:00 uit die Ou Apostoliese Kerk in Sentraal (Zuidstraat).

  • Daar sal ook ‘n berig in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button