News

Spies sê kinders word verwaarloos

Gee jou tyd by pa-en-seun-kamp.

“Kinders word deesdae verwaarloos. Ouers gee vir hulle ’n selfoon en geld en dink dit is wat hulle nodig het. Kinders soek nie jou geld nie, maar jou tyd.” So het die spreker, Dawie Spies, gesê tydens ’n pa-en-seun-kamp wat naby die dorp aangebied is.

Pa en seun bou verhouding. Foto: verskaf.

Daar word weer die naweek so kamp aangebied by Doornkop kampterrein.

Seuns kan kettie skiet (ketties word voorsien), met binnebande ’n spruit in vaar, teiken skiet, ’n hindernisbaan aandurf en die belangrikste…tyd saam met hulle pa spandeer.

Seuns speel in die modder. Foto: verskaf.

Vir navrae en besprekings skakel 081 447 7639.

Kinders baljaar by die laaste kamp wat by Doornkop aangebied is.

Dawie Spies se pa-en-seun-kamp is alles wat ’n klein seuntjie se hartjie begeer. Foto: verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button