News
Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Buiten bewolkte toestande in en om Middelburg, het motoriste laat weet dat daar net druk verkeer is, maar nie ongelukke of ander probleme opgemerk het nie.
Middelburgers wat Johannesburg toe pendel op die N12, ou Belfastpad en R555 (ou Middelburg/Witbankpad) het pas ook laat weet dat daar geen mis of ongelukke op die genoemde paaie is nie.
Paaie in die industriële area is steeds byna onrybaar met reuse slaggate wat wat bykans daagliks aangemeld word.
- As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
