Schalk Breytenbach het vir die destydse Suidoos-Transvaal teen die Argentynse Poemas op die Johan van Riebeeck-stadion uitgedraf.
Toe het Schalk se broer, Coen, of Slagter soos hy beter bekend was, ook vir die Grystruie gespeel.
Die Breytenbach tradisie is deur Schalk se seun, Conrad, voortgesit, toe hy vir die Pumas gekies is.
En nou het sy seun Valera Saterdag vir die Puma o/21 span uitgedraf.

Schalk (83) het vanaf 1969, Suidoos se stigtingsjaar, tot 1971, in ses wedstryde vir die provinsie diens gedoen. Hy was ’n senter wat vir Witbank en Middelburg gespeel het.
In 1971 het die span met die grys truie en varkoor op die bors in sy eerste internasionale wedstryd teen die Poemas op Witbank gespeel.
Het die dag programme verkoop by die stadion.
Dit was ’n reënerige dag en my Bybelkunde onderwyser in matriek, Lukas van der Merwe, wat vir Witbank slot gespeel het, is op flank gekies.

Die span was: Manie de Jager, Boerpens Strydom, George Killian, Schalk Breytenbach, Kobus Ferreira, Koos Nel, Jan van Zyl, Org du Preez, Lukas Luus, Jan de Lange, Lukas van der Merwe, Kleintjie Venter, Salty du Rand, Hendrik Steenkamp (k), Jan Taljaard.
Slagter het vir Koolvelde gespeel en in 1971 vier wedstryde op agsteman vir Suidoos gesak.
Hoërskool Middelburg het drie Springbokke opgelewer, Wynand Claassen, Tommy du Plessis en Conrad wat ’n sewes Bok was.
Sy rugby CV is indrukwekkend.
Speel in 1998 vir Hoërskool Middelburg se eerstes.
Suidoos-Transvaal Cravenweek.
Wes-Transvaal en Transvaal o/20.
Noord-Transvaal/Blou Bulle 1991 tot 2000.

Transvaal 1993.
Pumas 2001.
Springbok sewes 1996
Rusland 2002.
Hy draf 92 keer vir Noord-Transvaal uit en speel in die skadu van Bok skrumskakel Joost van der Westhuizen. Geen wonder hy was 60 keer op die plaasvervangerbank nie.
En nou is daar Valera (20) oudleerling van Boland Landbou wat deesdae vir die All Stars Akademie in Pretoria speel.
Hy is soos sy oom Slagter ’n losvoorspeler maar sak aan die kant van die skrum op flank.

“Hy sal seker later oorskuif na skrumskakel,” sê sy pa, Conrad.
Die Pumas het Saterdag met 66-14 teen die Universiteit Johannesburg gewen in ’n opwarmingswedstryd.
Soos die res van die familie is hulle stoere Blou Bulle al woon Conrad deesdae in Melkbosstrand.
Valera wil soos sy pa eendag vir die sewes Bokke uitdraf.
Daar is nog ’n jong Breytenbach, Connor, wat ook flank en haker speel en kaptein is van Boland Landbou se o/16C span.
@middelburgobserver Rugby vloei deur Breytenbach are met Valera Breytenbach wat in sy oupa, oom en pa se spore volg. (Video met toestemming gebruik)
