News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Verkeer was sedert 06:00 vanmore erg beïnvloed by die Samora Machel- en Mandelastraat kruising nadat ‘n persoon wat uit sy voertuig geklim en doodgery is.

Die ongeluk het net voor 06:00 plaasgevind en die polisie is nog op die toneel besig met hul ondersoek.

In die res van die dorp is daar druk verkeer.

Klagtes stroom steeds in oor die slaggate in die industriële gebied.

Middelburgers het laat weet dat daar vroeg vanoggend protesaksie was by Kriel.

Daar is nie enige probleme op die N11 (Loskopdampad vanaf Marble Hall tot Middelburg) nie en die R555 (Middelburg/Witbankpad) is oop. Padgebruikers kla net steeds oor die spoedwal wat net voor eMalahleni opgesit is, wat ‘n invloed het op verkeersvloei.

As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button