Middelburg se sewes trots, die Bulldogs, is slaggereed vir sy eerste internasionale toernooi wat more in ons buurland, Mosambiek, afskop.
Die span kom in sy eerste kragmeting teen die tuisspan, Mosambiek, se span een te staan.
Hy speel ook later in die dag teen Mosambiek se naasbestes.
Die groep bestaan uit: Dirkie Strydom (afrigter), Rudie Geyser (Eienaar van die span), Duan Grobler, Yorrick Kruger, Mlungisi Nkosi, Siyabonga (Syabza) Skosana, Mario Kangeja, Kwanele Nkambule, Jayden Bezuidenhout, Lucan Dreyer, Jacques Petzer-Moore (Hulpafrigter), Fritz Scheepers (Spanbestuurder), Divan Geyser, Delron Cyster, Marchelton de Villiers, Siyabonga Magagula, Siyabulela, Jabuza, LJ de Jager (Tegniese adviseur), Janru de Jager.
