Daar is bevestig dat die man wat homself by Athlonedam in die bestuurdersitplek van sy voertuig geskiet het, oorlede is.
Die man het homself in die kop geskiet.
Hy was nog lewend toe ambulansdienste by die toneel opgedaag het.
Die voorval het net voor 13:30 plaasgevind, toe die laerskool oorkant die pad se middagklok gelui het.
Ouers het by die toneel opgedaag om hul kinders op te tel, maar daar was nie veel ag geslaan op die tragiese toneel nie, omdat die ambulans toe reeds weg was.
Op een van die voetuig se ruite was ‘n brief geplak wat lees ‘ek is dood, bel…’.
Die naam van die persoon wie se nommer op die papier gestaan het word uit respek weerhou.
