‘n Voertuig het minute gelede op die N11 op die Loskopdam-pad gerol.
Die ongeluk het ongeveer vyf kilomter buite Middelburg plaasgevind op die N11.
Nooddienste is nog op pad na die toneel.
Dis onduidelik wat aanleiding gegee het tot die ongeluk.
Daar sit tans nog ‘n persoon in die voertuig vas, wat deur die brandweer met kake-van-die-lewe bevry moet word.
Die polisie is ook op pad na die toneel.
Na wat verneem word is een van die beseerdes uiters kritiek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
