Video: Ongeluk in kruising – bakkie beland op sy
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
‘n Isuzu bakkie het gisteraand op sy sy beland na ‘n ongeluk in die Cowen Ntuli- en Meyerstraat kruising.

Die ongeluk het omstreeks 21:00 gebeur, waartydens ‘n Suzuki voertuig die bakkie getref en dit omgeslaan het. Die pad was vir ‘n ruk gesluit terwyl opruimingswerk gedoen is.
Na wat verneem word, is niemand ernstig beseer nie.
@middelburgobserver Last night around 21:00, an Isuzu bakkie landed on its side after colliding with a Suzuki vehicle on the corner of Cowen Ntuli and Meyer Street, Middelburg. No serious injuries. Middelburg MiddelburgObserver RoadSafety AccidentAlert
Die paaie in en om Middelburg is tans besig, maar daar is nie enige ander probleme aangemeld nie. Middelburgers wat daagliks pendel op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) het laat weet dat die verkeer ook beter vloei, nadat die spoedwal net voor eMalahleni verwyder is.
- As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
