News

Dorp word ’n bergfiets mekka

Fiesta beloof vars plaaslug, lekker kos en ’n hart wat sing.

Middelburg is vinnig besig om in ’n fietsry mekka te verander, met die gewilde Tour de Farm wat jaarliks (1 November 2025) by Alzu se petrostop aangebied word en ’n fietsry fiesta die einde September by Lavender Mill.

Boonop word ’n fietsrybaan op die plaas van Hoërskool Middelburg aangelê wat in die toekoms ’n tuiste vir junior fietsryers kan word.

“’n Fietsry-ervaring wat jou bene laat brand en jou hart laat sing,” word deur die organiseerders van die fiesta beloof.

Die wedrenne word op 27 September aangebied by die tuiste van die weeklikse parkrun sowat 10 kilometer uit op die N11 rigting Loskopdam.

Die wegspring is om 7:00 en daar is afstande van 60, 20 en vyf kilometer.

Deelnemers ontvang elkeen ’n medalje.

Laaste dag om kaartjies te koop is 12 September.

“Hier gaan dit nie net oor die kilometers nie maar oor die avontuur, die geselskap, en die herinneringe wat jy saam skep. Sluit aan hy ’n gemeenskap van bergfiets entoesiaste wat hou van pret, uitdagings en nuwe vriendskappe,” sê organiseerder Thiesa Janse van Rensburg,

Vir navrae skakel Thiesa by 083 447 0964 of Carien Hartman by 073 844 6440.

@middelburgobserver

Middelburg word ’n bergfiets mekka – moenie die fietsry fiesta wat einde September by Lavender Mill plaasvind misloop nie!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button