’n Halstarrige telbord wat op 19-17 vasgesteek het, het toeskouers Saterdag tydens die Noordvaal o/16 eindstryd behoorlik laat sweet.
Hoërskool Middelburg se jong span was met 12-5 agter en nadat hulle mooi teruggeveg het op ’n stadium voor teen Oos-Moot.
Die Pretorianers se bulspan het net nooit gaan lê nie en weer die voortou met 19-17 geneem…en toe steek die telbord vas.
@middelburgobserver Hoërskool Middelburg se o/16 span vier hul Noordvaal Plaatfinaal oorwinning na ’n taai wedstryd teen Oos-Moot Saterdag. Video: Tobie van den Bergh.
Toeskouers het aanhou somme maak en langs die veld gemurmureer oor wat die telling nou eintlik is.
Selfs nadat Middies die wendrie gedruk het, het die telbord steeds 19-17 gewys al was dit 24-19.
Die Oos-Mooters se somme was darem reg en toe hulle ’n strafskop naby die pale kry, het hulle probeer oordryf, maar is gestuit.
@middelburgobserver Hoërskool Middelburg se o/16 span na die Noorvaal Plaatfinaal teen Oos Moot, wat die Middies span gemaklik gewen het. Die wedstryd is afgesluit met gebed en ’n gelukwensing deur die skool se trotse hoof JJ Hennop. Video: Tobie van den Bergh.
Die o/16 Middies het groot karakter in die laaste paar minute gewys en een na die ander fase afgedwing, om die bal by die besoekers weg te hou.
Ryan Blake, Kgontse Masilela, Jerram Kallunga en Kgotso Peta het die drieë gedruk. Henroe Colyn slaag met twee doelskoppe.
