News

Video: Groep van vyf steel bromponie, een ry daarop

'n Oorlamse bromponiedief het sommer op hul buit gery nadat dit gesteel is.

Presies ‘n week nadat ‘n groep van vyf motorfietsdiewe ‘n motorfiets in Aerorand gesteel het, het hulle net na 02:00 vanoggend ‘n bromponie in Vosstraat, Mineralia gesteel.

Dit is ook bykans dieselfde tyd wat die ander motorfiets in Aerorand gesteel is. Op daardie videomateriaal kan ‘n mens sien hoe vinnig hulle die ander motorfiets uit die motorhuis gesteel het.

Hester Prinsloo meld dat die motorfietsdiewe by hulle net die bromponie gegryp en laat spaander het toe hul alarm in die motorhuis afgegaan het.

“Hulle het egter reeds die seiltjies van die ander motorfietse afgehaal om dit ook te steel. Die oomblik toe die alarm afgaan, is ons dadelik uit, maar toe was hulle reeds weg met my dogter se bromponie.”

Met nadere ondersoek het hulle gesien dat die diewe hul palissadeheining in die hoek oopgesny het om toegang tot die erf te kry. Daarna het hulle die motorhuis oopgebreek om by die motorfietse uit te kom.

Inwoners het net na 02:00 videomateriaal op WhatsApp-groepe gestuur waar twee booswigte in Bonckerstraat met die bromponie afgehardloop het met hul drie makkers agterna. Daarna het die groep regs gedraai in Kogelstraat en in die rigting van die treinspoor verdwyn.

@middelburgobserver

Five motorcycle thieves strike again in Middelburg! They stole a scooter in seconds while the alarm was blaring in a Vos Street, Mineralia garage. CCTV footage later showed the direction they ran off in.

♬ original sound – MiddelburgObserver –

Op ‘n stadium het die een dief met die bromponie gery, met die res van die bende wat agter hom aangedraf het.

Dit is ‘n oranje, sit en swart 150cc Big Boy bromponie, registrasienommer LCM066MP. As enigiemand die bromponie gewaar, kan hulle Hester skakel by 072 175 6884.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button