News

Kleintjies in pylvlak geboelie

Pumas eindig teleurstellende seisoen.

Net toe die kleintjies breëbors spog oor hulle 2025 Curriebeker sukses, daag die maanhaar op en verydel hulle drome.

Die eerste wat aan die beurt gekom het was die Pumas wat in Durban teen die Haaie, gelaai met verenigde rugby kampioenskap spelers, met 13-19 vasgeval het.

Die Pumas het nog gehoop op ’n wonderwerk nadat hulle steeds voor die Vrystaat was maar die Bloemfonteiners se 31-35 nederlaag teen die Blou Bulle, waar hulle twee punte ingeoes het, het beteken dat hulle deelname beëindig is.

Jimmy Stonehouse moet ’n erg teleurgestelde man wees, maar sy span het nie ’n goeie seisoen beleef nie en dalk ook nie verdien om in die halfeind te speel nie.

Die Leeus het Griekwas met 37-7 geboelie, die nuwe Westelike Provinsie span met sy ysters terug was te goed vir Boland, 40-22.

Boland eindig vierde en Middelburger Michael Benadie en sy Wynboere moet na Johannesburg reis om die Leeus te pak.

’n Byna onbegonne taak teen ’n span wat oor ’n paar weke in die gesogte VRK speel.

Griekwas is tuis teen die Cheetahs.

Die jaar 2025 sal beskou word as waterskeiding vir die tradisieryke kompetisie met die VRK-unies wat beslis nie weer soos vanjaar sal aanploeter nie.

Die Curriebeker sal waarskynlik steeds op die spel wees maar in ’n ander vorm met ander spanne.

Die Pumas het uiteindelik vyfde geëindig op die punteleer, die Bulle sesde, Haaie en WP.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button