News

Video: Urine van inbreker in karavaan toets positief vir talle dwelms

Urine wat 'n inbreker, waarskynlik 'n vrou, in 'n bakkie agtergelaat het in 'n karavaan, het positief getoets vir verskeie dwelms.

‘n Gesin van Maroelastraat het ‘n bakkie urine wat ‘n inbreker in hul karavaan agtergelaat het, getoets en het dit positief vir onder andere heroïne en kristalmetamfetamien getoets.

Hulle het die bakkie urine op ‘n kassie in die karavaan gevind nadat ‘n inbreker gisteraand vir die derde keer by hul karavaan ingegaan en die nag daar geslaap het.

Op ‘n video word verduidelik wat die inbreker gedoen het.

@middelburgobserver

A bizarre break-in! A burglar left urine in a plastic container inside a caravan, tests confirmed it contained drugs. It’s believed the intruder was a woman, as nothing was broken and everything was neatly folded after she slept inside.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

“Ons glo defnitief dit is ‘n vrou, want die plastiekseil wat ons gebruik om onder die handdoeke te gooi as ons buite kuier, is uitgehaal en bo-op die wit beddegoed neergesit, sodat die persoon dit nie vuil maak as sy daarop lê nie,” het die huiseienaars (wat anoniem wil bly) gemeld.

‘n Kombers en kussing is uitgehaal om daarop te slaap en mooi netjies weer opgevou.

“Die persoon het die vorige keer gepiepie en opgegooi in ons porta pottie en het ons dit uitgehaal. Vanoggend het ons weer die deur oop gekry en ‘n bakkie urine in die karavaan. Dit is ook hoekom ons dink dit is ‘n vrou. ‘n Man sou buite ‘n draai gaan loop het.”

Wat hulle dronkslaan is hoe die nagsluiper die karavaandeur oopkry, sonder om dit te breek.

‘n Vrou is vroeg in Augustus gearresteer nadat sy na bewering ingebreek het by ‘n huis in Maroelastraat (Kanonkop) en oorgespring het na die bure se erf toe. Sy is in dié erf vasgetrek. Sy het onsamehangend gepraat en was geweldig maer. Hulle het terwyl hulle vir die polisie gewag het die nag, vir haar warm klere gegee en ook iets om te eet.

Adel Smit het in die hof verskyn en is die saak uitgestel na ‘n latere datum vir verdere ondersoek.

Adel Smit is vroeg in Augustus gearresteer en het reeds in die hof verskyn. Foto: Verskaf.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button