Daar is goeie nuus vir rugbyliefhebbers, die derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg, gaan voort.
Daar was vrese dat die jaarlikse rugby saamtrek, wat toeskouers van reg oor die land lok, van die baan is, omdat die twee skole in verskillende ligas speel in 2026.
Hoërskool Middelburg speel dan in die bekerafdeling en HTS Middelburg bly in die plaatafdeling.
Na ’n vergadering hierdie week is 9 Mei 2026 na die Noordvaal organiseerders deurgegee as derby naweek.
Intussen roem beide skole se dromslaners die afgelope twee weke daarop wie nou eintlik die beste is.
HTS Middelburg slaan op die bors nadat hulle Middies in die plaatadeling gewen het en die groen skool sê weer hulle het dalk die veldslag verloor, maar die oorlog gewen, deur gekroon te word as algehele Noordvaal rugby kampioene.
Middies het ’n moeilike jaar wat voorlê maar kan vertroue put uit sy o/16 span wat die Noordvaal kampioene is.
Die skool sal egter moet raakvat met sy eerstespan afrigters met Jano Venter wat duidelik die botoon voer as Rooibul leier.
Dit was in die eindstryd duidelik met te veel stemme om die Middies eerstes.
Volgens die SA School sport ranglys is Hoërskool Middelburg 31ste en HTS Middelburg 58ste.
Affies word gereken as die top skool met Paarl Gimnasium in die tweede plek en Grey College derde.
Nouja, nou moet ons maar wag tot 9 Mei voordat die debat besleg kan word.
