News

Pa getuig oor ongeluk wat sy vyfjarige dogtertjie se lewe eis

’n Pa moes gister en vandag getuig wat gebeur het tydens die ongeluk waarin sy dogtertjie gesterf het.

Op 26 September 2021 het die vyfjarige Amé Jansen van Rensburg in ‘n ongeluk gesterf.

Gister en vandag moes haar pa, Phillip, die hartseer boek weer oopmaak om te getuig oor wat vier jaar gelede gebeur het.

Amé het gesterf nadat die bakkie waarin hulle gery het op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) gerol het. Amé, wat agter haar ma, Nadia, in haar karstoeltjie gesit het, is op die toneel oorlede.

Joseph Hebron Maponya, wat daarvan beskuldig word dat hy die ongeluk veroorsaak het, het vroeër hierdie week onskuldig gepleit en het die verhoor gister begin.

Joseph Hebron Maponya. Foto: Verskaf.

Phillip het verduidelik dat hy die bakkie bestuur het.
Saam met hom in die voertuig was sy vrou, Nadia, en hul twee kinders Amé en Flippie (op daardie stadiium amper drie jaar oud).

Volgens hom het hy in Middelburg se rigting gery, toe die rooi voertuig skielik in hul baan ingeswenk het. Om ‘n trompop botsing te vermy, het hy uitgeswaai en het die bakkie die pad verlaat en omgeslaan.

Tydens kruisondervraging het die verdediging gevra of Amé in haar karstoeltjie was en het hy ‘ja’ gesê. “Die paramedici moes die veiligheidsgordel lossny om haar uit te haal,” het hy gesê.

Daar is ses getuies, waaronder Nadia, wat nog moet getuig. Omdat daar ander deelsverhore aangehoor moes word, het die tyd uitgehardloop en is die saak uitgestel na 29 Oktober.

Wico Swanepoel (van AfriForum se privaatvervolgingseenheid) het die egpaar weer by die hof ondersteun.

Phillip en Nadia Jansen van Rensburg en Wico Swanepoel. Foto: Daleen Naude.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button