News

Video: Drie beseer in ongeluk by drierigtingstop op R555

Drie mense is beseer in 'n ongeluk by die weegbrug op die R555 net buite Middelburg.

Drie mense, waaronder twee kinders, is beseer in ‘n ongeluk vroeër vanaand by die drierigtingstop by die weegbrug.

Die ongeluk het omstreeks 18:30 gebeur in die kruising op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) reg oorkant die weegbrug.

‘n Mercedes-Benz en Toyota bakkie het gebots en met die impak van die slag het die bakkie op sy sy beland.

Die Mercedes en bakkie het in die kruising by die drierigtingstop gebots. Foto: Daleen Naude.

Die bestuurder van die Mercedes, asook twee kinders, is per ambulans hospitaal toe geneem.

‘n Paar omstanders het op die toneel gestop om te kyk wat gebeur het. Foto: Daleen Naude.
Die ongelukstoneel vroeër vanaand op die R555 by die weegbrug. Foto: Daleen Naude.
@middelburgobserver

Mercedes and Toyota bakkie collided earlier tonight on R555 (old Middelburg/Witbank Rd) three-way stop at the weighbridge. The bakkie landed on its side. Driver and two children from the Mercedes were taken to hospital. #R555 DriveSafe OldMiddelburgWitbankroad

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button