News

Stiaan is begrawe, ontmoet Christian John

Die vrees, verwarring en monsters was te groot vir hom.

Stiaan Reynierse is begrawe, ontmoet vir Christian John (42).

Op musikant Stiaan Reynierse se sosiale media profiel is geskryf: “To send light into the darkness of men’s hearts – such is the duty of the artist”.

Om by die lig uit te kom, is Stiaan self deur duisternis.

Van dronk Stiaan… na nugter Christian John.

Al 14 jaar ontslae van die heroïnedraak.

Die zol net ’n bysaak.

Drank was op die einde die groot vernietiger.

Die wekroep het November verlede jaar gekom, ’n beroerte.

Nog pyn het gewag, voordat Christian John gebore is.

Dit was nege maande gelede.

Na nog ’n fuifsessie was die dokter se diagnose in die hospitaal, “jy het pankreatitis, nog een dop en jy is dood.”

“Agt mense naby aan my is al dood aan drank, in een jaar 14, almal mans.”

Christian John sê: “Ek moes besluit of ek my kinders wil grootmaak of doodgaan.”

Stiaan Reynierse is begrawe, ontmoet Christian John. Foto: Verskaf.

Nou is Stiaan Reynierse begrawe.

“Dit is soos ’n ou pen met nuwe papier.”

Hy kan nie wag om weer op te tree nie.

“Ek is klaar met die angs en paranoia.

“Klaar met wat mense van my dink en dan suip ek”.

Oor musiek sê hy, dit is nie seks, drugs en rock and roll nie, maar om vir jou kinders ’n goeie pa te wees…“Om goeie musiek te maak, ’n legacy te los…”

Met sy verjaardag hierdie jaar skryf hy:

“Die laaste nugter verjaardag wat Stiaan Reynierse kan onthou, was toe hy 13 jaar oud was. Van 14 af het hy dit nooit weer gevoel nie.

“Ek was ’n kind – net ’n kind man, wat gesukkel het om sy voete te soek en dit nooit gekry het, tot nege maande gelede nie.

“Die vrees, verwarring en monsters was te groot. Die lewe te gekompliseerd en die gemak daarna, net te gemaklik.

“Op my geboortesertifikaat staan Christian John Reynierse. As dit nie vir Stiaan was nie, sou Christian John nooit gebeur of gewees het nie.”

Vrydag, 19 September, stort Christian John sy hart uit, met ’n nuwe enkelsnit: “Fight fire with a flame”.

“Ek is kinderlik opgewonde oor die nuwe song.

“Die heel eerste song wat nog altyd in my palm geskryf was, sonder dat ek die geheim kon lees of dekodeer.

”Vandag vier ek die nugter en heavy dankbaar Christian John se verjaardag.

“Ek het julle lief, God is heavy, heavy groot”.

@middelburgobserver

Bekende musikant, Stiaan Reynierse is begrawe en staan nou bekend as Christiaan John.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button