Toe sing joernaliste die volkslied langs vure wat knetter
No Guts, No Glory-seminaar bied geleentheid vir joernaliste om skouers te skuur.
“Journalists are not callous, hardhearted, cynical operatives, moving like predators after their prey. They are wonderful, sensitive human beings that laugh and cry, love and hate, are calm and frightened, are brave and sometimes cowardly, but are ultimately people that care about others and what is done to them, and for them.” Desmond Tutu.
Joernaliste is ’n spesie op hulle eie.
Hulle is storiejagters.
’n Kamera, ’n kar en ’n goeie storie…dan is hulle gelukkig.
Tydens die jaarlikse No Guts-seminaar, wat by Olifants River Lodge aangebied is, het joernaliste weer die kans gekry om skouer te skuur.
Staaltjies is uitgeruil, sommige hartseer, sommige komies…
Daar is baie gelag, baie geluister na top sprekers en lekker geëet.
Die atmosfeer was kouerillingslekker.
Groot vure sommer daar neffens die Ollifantsrivier en ’n paradysmooi sonsondergang, het gesorg dat spertye vir een aand vergeet is.
En toe…
Sommer so impromptu word die klomp joernaliste meegevoer deur die oomblik…
Met die kole wat knetter word die volkslied gesing.
Uit volle bors.
’n Onvergeetlike oomblik.
What’s the best about memories?
Making them!
@middelburgobserver Joernaliste is ’n spesie op hul eie – die No Guts, No Glory seminaar het by Olifants River Lodge plaasgevind.
