Johan Ackermann sal wanneer hy volgende week ’n span kies vir die eerste Vodacom verenigde rugby kampioenskap wedstryd teen Ospreys op Loftus, waarskynlik eers by die dokter moet aanklop en daarna vir Rassie bel.
Die Bulle afrigter sit met ’n ellelange beseringslys en boonop bots die bepaling met die Bokke en Argentinië wedstryd.
Dit is nie seker hoeveel Bulle in Erasmus se planne is nie, maar die kaptein, Ruan Nortje, wat tans die beste rugby van sy loopbaan speel, sal beslis teen die Argentyne in Durban diens doen, al is dit van die bank af.
Nortje was briljant teen die All Blacks.
Ander spelers in blou wat die Ospreys wedstryd kan misloop weens Bokverpligtinge is Handre Pollard, Marco van Staden, Jan Hendrik Wessels, Wilco Louw en waarskynlik Willie le Roux.
Onder die beseerdes tel Elrigh Louw, Cameron Hanekom, Akker van der Merwe, Ruan Vermaak en Nizaam Carr.
Vodacom verenigde rugby kampioenskappe bepalings.
Vrydag 26 September:
Stormers vs Leinster om 19:00.
Glasgow Warriors vs Haaie 21:05.
Ulster vs Dragons 21:05.
Saterdag 27 September.
Bulle vs Ospreys 14:00.
Zebre vs Edinburgh 16:05.
Scarlets vs Munster 18:30.
Connacht vs Benneton 20:45.
Cardiff vs Leeus 20:45.
Castle Lager rugby kampioenskappe bepalings.
27 September
Springbokke vs Argentinië 17:10 in Durban
7:05 All Blacks vs Australië.
4 Oktober
Australië vs Nieu Seeland 11:45
Argentinië vs Bokke 15:00.
’n Moontlike Bulle span kan so lyk:
Devon Williams, Sebastiaan de Klerk, David Kriel, Jan Serfontein, Cheswill Jooste, Johan Goosen, Embrose Papier, Mpilo Gumede, Cobus Wiese, Marcell Coetzee (k), JF van Heerden, Sintu Manjezi, Francois Klopper, Johan Grobbelaar, Alu Tshwakeni.
Die VRK Bulle groep:
Voorspelers:
1. Alu Tshakweni; Gerhard Steenekamp; Jan Hendrik Wessels; Sti Sithole; Ruan Swart
2. Johan Grobbelaar; Akker van der Merwe; Juann Else; Esethu Mnebelele
3. Wilco Louw; Francois Klopper; Mornay Smith; Jean Erasmus; Khuta Mchunu
4. JF van Heerden; Ruan Nortje; Ruan Vermaak; Jaco Grobbelaar; Sintu Manjezi
5. Reinhardt Ludwig; Cobus Wiese; Nicolaas Janse van Rensburg
6. Marco v Staden; Marcell Coetzee; Nama Xaba
7. Jannes Kirsten; Nizaam Carr; Elrich Louw
8. Cameron Hanekom; Mpilo Gumede; JJ Theron; Jeandre Rudolph
Agterspelers:
1. Embrose Papier; Paul de Wet; Zak Burger; Steven Nel
2. Handre Pollard; Keagan Johannes; Johan Goosen
3. Stravino Jacobs; Sergeal Petersen; Kurt-Lee Arendse
4. Harold Vorster; Jan Serfontein; PA van Niekerk; Chris Barend Smit
5. David Kriel; Stedman Gans; Katlego Letebele
6. Sebastian de Klerk; Canan Moodie; Cheswill Jooste; Aphiwe Dyantyi
7. Willie le Roux; Devon Williams; Henry Immelman
