News

Huise verrys in nuwe Dennesig uitbreiding

Munisipaliteit hou wakende oog oor standaarde.

Moenie vrees nie, die Dennesig Noord-ontwikkeling gaan nie laekoste behuising wees, wat huidige inwoners aan die ooste van Harry Gwalastraat se huiswaarde sal laat daal nie.

Die Steve Tshwete Munisipaliteit het uiters streng voorwaardes vir nuwe huiseienaars.

Tog is daar kommer oor drie kwessies:

*Die ontbosting is nog nie voltooi nie en tog word daar reeds huise gebou.

*Toe die nuwe uitbreiding se water aangeskakel is, het die ander gedeelte van Dennesig sonder water gesit.

*Daar is steeds nie paaie nie.

Raadslid Johan Dyason sê ontbosting word tans gedoen, maar hy stem saam dat die paaie al gebou moes gewees het.

Die waterdruk is so groot probleem dat dit na ’n ingenieur verwys is, om ’n verslag op te stel. “Ons weet nie of dit dalk die pype is nie.”

Drie huise is tans in aanbou, waarvan een reeds dakhoogte is.

Rdl. Dyason sê die stadsraad se behuisings departement moet sorg dat standaarde gehandhaaf word.

Veral inwoners van Harry Gwalastraat wou voor die voet hulle huise verkoop, omdat daar vrese was dat die ontwikkeling hulle huiswaarde sal laat daal.


 ’n Voorbeeld van die standaard waaraan huise moet voldoen. Beeld: Verskaf.

Die eerste gedeelte langs die straat is hoë gehalte behuising met erwe wat 900 vierkante meter groot is, daarna is dit 700 vierkante meter, 500 en 60.

In die eerste gedeelte moet huise van 250 vierkante meter gebou word en dit volg met 180, 120 en 60 vierkante meter.

Van die voorwaardes wat deur die stadsraad goedgekeur is, is:

’n Woonstel mag eers aangebou word nadat die hoofwoning voltooi is. Geen agterkamers vir verhuring mag geboub word nie.

Die ontwerp en hoogte van buitemure moet dieselfde wees om die estetiese waarde van die ontwikkeling te verhoog.

Geen bouwerk mag gedoen word voordat die bouplanne goedgekeur is nie.

Stoorkamers mag net opgerig word om boutoerusting in te bêre. Daar mag nie in sulke strukture oornag word nie.

Toilette moet op die perseel opgerig word voor konstruksie begin.

Maar wie gaan die beste bewakers wees sodat standaarde gehandhaaf word? Die inwoners self!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button