News

Wie het in Bukes se huis doodgebrand?

’n Rooi sinkdakhuis het lede van die “I once lived in Middelburg”-Faceboekgroep, laat gons.

Wayne Botha

“Die huis was my skoonma s’n, hulle het dit geëerf by my skoonpa, dit was baie in die Middelburg koerant, my skoonpa het doodgebrand in die huis,” het Wayne rapporteer.

Daar is navraag gedoen oor die omstandighede van die brand maar tot dusver het hy nie reageer nie.

Ander kommentaar was:

Chantelle Dercksen

Die huis was oorkant Laerskool Middelburg. Dit is gesloop daar is nou doktersspreekamers.

Ria Keen

Dit was Jack Keen se huis.

Zillika En Schalk Lötter

Die Keen’s het daar gewoon. Is lankal gesloop en kantore gebou.

Ria Keen

Die Keens het daar gebly van 1960 af en die huis is verkoop deur een van die seuns se weduwee waarna dit gesloop is.

Nadat Rudi van Wyk, voorsitter van die Middelburg Erfenisvereniging, navraag gedoen het, is vasgestel dat die huis aanvanklik in 1950 aan onderwyser Ferdinand Bukes behoort het.

Foto’s van die huis wat op Facebook geplaas is en van sy seun, Ferdie Bukes, voor die huis, is vergelyk.

Ferdie Bukes voor die huis in Joubertstraat wat intussen gesloop is. Foto: Verskaf.

Dit is een en dieselfde huis.

Op 16 April 1950 het Bukes,’n onderwyser van Botshabelo Sendingstasie, saam met sy gesine op die Belfastpad uitgery.

By hom in die kar was sy vrou Cillie, sy dogtertjie Suzette, wat vier dae vantevore haar vierde verjaardag gevier het, en Ferdie (11).
Die gesin het in die rooidak huis oorkant Laerskool Middelburg gewoon en sussie Marita (8) het tuis gebly.

Agt kilometer buite die dorp het Ferdinand gestop en na die staalspoorwegbrug saam met sy seun en dogtertjie gestap. Cillie het in die kar bly sit.

Die drie was op die brug toe ’n stoomtrein, vanuit die nuut aangestoom kom.

Ferdinand het uitgeroep: “O, my God!”

Hy het vir Ferdie geskreeu om na veiligheid te hardloop, Suzette in sy arms opgeraap en van die brug gespring.

In die momentum het hy Suzette tussen die staalstruktuur ingeslinger.

Ferdinand het hom doodgeval.

Suzette is op 19 April 2004 oorlede, na ’n operasie aan haar rug. Dieselfde rug wat sy beseer het op 16 April 1950.

En so word die verhaal van Ferdinand Bukes voortgesit…’n onsterflike verhaal van ’n dapper pa en ’n rooidak huisie…

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button