News

Boere, polisie trap rommelstrooiers vas na beesslagting, diefstalle

Nagbewegings laat boere regop slaap.

Plaaslike boere en die polisie het gisteraand op rommelstrooiers afgekom nadat daar die week beeste gesteel, en een bees ook afgeslag is op verskillende plase sedert die afgelope naweek.

Die diefstalle en slagting het op plase in die Slaghoekarea en Doornkop gebeur.

Die polisie is deur boere op gereedheid geplaas na die voorvalle.

Kallie Erchsen sê dat naas die veediefstalle en slagting, hulle ook al die afgelope twee jaar sukkel met rommelstrooiers op die Keerom-pad.

Dié pad maak ’n wye draai en sluit aan met verskeie ander grondpaaie insluitende die Avontuurpad en die grondpad by Doornkop.

Die bees is in die Driefontein area geslag, terwyl beeste by die Slaghoekarea gelaai is.

Na die voorvalle was boere in die omgewing paraat.

’n Voertuig is Maandag tydens die slagting twee mall op kringtelevisiemateriaal vasgelê.

Gisteraand is dieselfde voertuig weer opgemerk.

Die voertuig sit sy ligte af voordat hy afdraai en draai so dat kemaras nie sy registrasieplate kan optel nie.

Gisteraand is boere saam met die polisie agter die kar aan.

Die voertuig is later op munisipale grond tussen Dennesig en die Keerompad gevind.

Daar was die insittendes besig om rommel te sorteer.

Volgens die insittendes laai hulle sowat twee maal per week rommel namens twee plaaslike vulstasies af.

’n Trokkie is al voorheen opgemerk waar rommel ook afgelaai is.

Dit wil nou voorkom asof voertuie gewissel word vir die onwettige rommelstorting.

Selfs munisipale wetstoepassers het al vir die morsjorse gesit en wag, maar die voorvalle vind gewoonlik op verskillende tye en nagte plaas.

Hulle kon egter nie met die beesdiefstalle en slagting verbind word nie.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button