News

Kuifie, Bosgod en die Administrateursbeker

Span van 1975 by Hoërskool Nelspruit byeen om foto van Kuifie saam met Kuifie te neem.

Min mense sal hom op die spanfoto herken. Hoe dan anders? Hy sit daar met ’n yslike baard en die foto is 50 jaar gelede geneem.

Sy bynaam was Bosgod, weens ’n welige baard.

Vandag ken Middelburgers vir Conrad Stoltz as marathonatleet, fietsryer, skeidsregter en onderwyser.

Hy geniet tans sy aftrede maar neem steeds aan wedlope deel.

Hy was hulpafrigter van die Hoërskool Nelspruit span wat in 1975 die Administrateursbeker met Helpmekaar gedeel het. Die telling was drie elk.

Conrad Stoltz het op Middelburg ’n veelsydige sportman geword.

Ongelukkig kan Stoltz nie die reünie bywoon nie, as gevolg van ander verpligtinge.

Hy woon ook die 65 jaar reünie  by van Hoërskool Vanderbijlpark.

Die hoofafrigter van die Nelspruit span was Daan (Kuifie) van Rensburg.

Daardie jaar het Hoërskool Nelspruit die meeste drieë in die Administrateursbeker gedruk en ’n bussie gewen. Die bussie is opslag Kuifie gedoop en tot vandag toe ry Nellies se leerlinge in ’n bus met die naam Kuifie.’

Stoltz sê sedert 1975 het die eerste rugbyspan eerste keuse gehad om in Kuifie te ry.

Die 1975 span kom vanoggend bymekaar by die skool en daar gaan spesiaal van Kuifie ’n foto saam met Kuifie geneem word.

Die eindstryd teen Helpies was nie die enigste waar Stoltz betrokke was nie. In 1972 het Nellies gelykop gespeel teen Afrikaans Hoër Seunskool in die Administrateursbeker  en sy o/15 span het ook in ’n eindstryd verloor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button