KYK: Mangat spoel al wekelank riool die rivier in
Die stank is ondraaglik, en die munisipaliteit apaties.
Kanonkop inwoners begin al na die wasgoedpennetjies gryp weens die stank van ’n mangat reg langs die Klein Olifantsrivier wat al ’n maandlank oorloop.
Miljoene liters rioolwater het al reeds die rivier ingespoel.
Die gemors skrik egter nie besoekers af nie, en mense is al opgemerk digby die mangat waar hul sit en kuier.
@middelburgobserver Raw sewage has been flowing into the Klein Olifants River for a month now, despite having been reported to the municipality by surrounding residents, which includes an old age home.
Daar is ’n tyd gelede ’n nuwe pyp na die mangat gelei.
Die pyp loop onder die rivier deur.
Die rivier se vloei is tydelik geblok om die pyp te lê.
Die pyp blyk egter nie voldoende te wees vir voortslepende blokkasies nie.
Die munisipaliteit sê dis inwoners se skuld.

Inwoners gooi glo van bottels to klere, skoene, doeke en huishoudelike gemors in die dorp se dreine, wat dan pypblokkasies veroorsaak.
Daar word daagliks honderde bottels en ander gemors langs die rivier verwyder.
Navrae oor die mangat wat die rivier besoedel is aan die munisipaliteit gestuur, maar geen terugvoer is tot dusver ontvang nie.
Inwoners kla nou al oor die gemors aanlyn.
Hulle sê om die probleem te rapporteer help eenvoudig niks.
Karin Luck is een van die inwoners wat die munisipaliteit aanlyn uitgehaal het op die Middelburg Observer Facebook groep met: “My bejaarde ouers word wakker met ’n reuk en gaan slaap met ’n reuk. Dis walglik! Die reuk kom van ’n drein af in Asaliastraat by die Klein Olifantsrivier. Geen mens kan so lewe nie. Dis nie reg nie! Om nie te praat van die gemors soos drank en bierbottels en plastiek en wegneemete houers wat daar lê nie. Nêrens word dit skoon gemaak nie. Die Munisipaliteit is vrot, net soos die reuk by die rivier. Sies man!”.
Die munisipaliteit is al vroeg die week genader vir kommentaar. Geen antwoorde is egter al ontvang nie.
