News

KYK: Suid-Afrika se erfenisoë op Middelburg gerig

Middelburg is ryk aan geskiedenis.

Suid-Afrika se erfenis gaan vanaf 13 tot 16 Oktober 2025 onder die soeklig kom, wanneer die Middelburg Erfenisvereniging die 24ste simposium van die Suid-Afrikaanse Erfenisstigting by die Middelburg Buiteklub aanbied.

Middelburg is natuurlik ryk aan geskiedenis van Botshabelo tot die Witkerk, Meyersbrug, die spoorwegstasie, sendingkerkie by HTS Middelburg en konsentrasiekamp kerkhowe.

Van die items op die program waarna uitgesien kan word is ’n geskiedkundige virtuele toer by die Buiteklub en orreluitvoering in die Witkerk.

@middelburgobserver

Vanjaar se 24ste simposium van die Suid-Afrikaanse Erfenisstigting, word by die Middelburg Buiteklub aangebied in samewerking met Middelburg Erfenis. Hier vertel Rudi van Wyk van Middelburg Erfenis meer oor die geleentheid.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Volgens die voorlopige program gaan daar ook ’n kranslegging in die ou begraafplaas deur die Verkenners wees.

Simposiumgangers gaan nie net interessante lesings beleef nie, maar ook toere na plaaslike geskiedkundige terreine en geboue.

Woensdag 15 Oktober word ’n gala-aand by die Buiteklub aangebied.

Vir navrae of om jou plek te bespreek by die simposium skakel Soekie Rossouw by 082 ‪922 7498‬ of Rossouwsonnet@gmail.com.

NOTA: In Middelburg het jy die dorp se geskiedenis en erfenisse in jou hande. Die bloubordjies wat by erfenisse in die dorp aangebring is, bevat ’n QR-kode wat jy kan skandeer met jou selfoon, wat jou dan na ’n webwerf neem waar die geskiedenis agter die erfenisse gepubliseer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button