Braai vroeg, want dit kan dalk reën later vanmiddag!
Van vandag af gaan die die kwik bietjie daal en kan ons dalk ook 'n bui reen verwag.
Gaan haal die sambreël en ‘n warmdingetjie uit die kas, want dit gaan heelwat koeler wees die volgende paar dae!
So op Erfenisdag, wat sommige ‘braaidag’ noem, gaan ‘n paar druppels moontlik keer dat daar later vandag gebraai sal kan word.
As gekyk word na die weervoorspelling op die verskillende Toeps, gaan die grade draai na tussen 23 en 24°C. ‘n Sterk wind van 24km/p/h en laatmiddag donderbuie word ook plek-plek in en om Middelburg verwag.
Donderdag (25 September) is dit nóg kouer met ‘n minimum van 9°C en ‘n maksimum van 17°C. ‘n Paar druppels reën kan na 13:00 dalk val en die sterk winde duur voort.
Vrydag word gedeeltelik bewolkte toestande verwag met ‘n minimum van 12°C en ‘n maksimum van 21°C, met die windsterkte wat heelwat afneem.
Alhoewel dit nog nie baie warm is nie, sal dit Saterdag ‘n sonnige dag wees met ‘n minimum van 14°C en ‘n maksimum van 21°C.
Sondag is dit die hele dag bewolk met ‘n sterk wind en ‘n minimum van 13°C en ‘n maksimum van 22°C. Daar is egter maar net ‘n 10% kans vir reën.
Maandag duur die bewolkte toestande voort en val die temperature na 9°C minimum en 17°C maksimum.
‘n 70% kans vir reën word voorspel.
