Werner se skielike dood ’n skok vir sy familie
Werner van Staden (46) die man wat alles vir sy gesin sou doen, is Saterdag skielik oorlede.
Net twee dae nadat Werner van Staden in die Medforum Mediclinic opgeneem is, het hy Saterdag gesterf voordat ‘n operasie gedoen kon word.
Werner se suster, Sylvia de Bruin, sê hy was nie ‘n sieklike man nie en sy dood is vir hulle almal ‘n geweldige groot skok.
Hy is Donderdag in die hospitaal opgeneem weens erge pyn, maar het Vrydag nog met sy vrou, Ericka, geskerts.
Sy toestand het egter vinnig agteruitgegaan en die familie is in kennis gestel dat ‘n maagseer moontlik gebars het. Hy was egter te swak vir ‘n operasie en is Saterdag oorlede.
Sylvia het genoem dat hy op 15 Julie en op 20 Augustus in motorongelukke betrokke was. Tydens een van die ongelukke het hy gebreekte ribbes en ‘n borskasbesering opgedoen.
Hulle onthou hom as ‘n liefdevolle familieman.
‘n Roudiens word Maandag om 11:00 vanuit die Corpus Christi-gemeente gehou.

- Lees meer in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer, wat vroeg more-oggend beskikbaar sal wees.
