Die president van die Apostoliese Geloofsending Kerke in Suid-Afrika, dr Henri Weideman, het reageer op die sluiting van verskeie kerke.
Veral Afrikaanse kerke is besig om op groot skaal saam te smelt ter wille van oorlewing.
Op Middelburg gaan die NG Kerke volgende jaar samesprekings hou om met oplossings vorendag te kom hoe hulle gaan oorleef.
Een van die kerke wat sukkel om te oorleef is die Witkerk.
@middelburgobserver The once beautiful Van Blerk Square, boasting a wide array of historical artifacts like an Anglo-Boer War memorial, that is situated opposite the breathtaking Witkerk (White Church), has become an eyesore, with residents avoiding the park at all costs.
“Die AGS het in die afgelope vyf jaar geen kerkgeboue verkoop nie. Inteendeel ons huur, koop en bou geboue,” het dr Weideman gesê..
Die AGS het tans ‘n kerkplanting en hernuwing program (church planting and revitalization), wat ‘n beduidende deel van hulle begroting uitmaak.
“Ons beoog om in die volgende 10 jaar ten minste 1000 nuwe gemeentes te plant.”

Hy sê daar is ‘n hele paar voorbeelde van plattelandse dorpe waar hernuwing reeds plaasgevind het en kerkgeboue vergroot word.
“ In gevalle waar dorpe se demografie baie verander, word die geboue aangewend vir die lidmate en gemeente wat by daardie demografies pas.
Verskeie gemeentes het Afrikaanse eredienste en ook multikulturele (Engelse) eredienste.”
@middelburgobserver The breathtaking Witkerk (White Church) in Middelburg, where several parking spaces have been taken over by taxis, stands opposite the historic Van Blerk Square, now overrun by homeless people, including criminals and drug users. Video: Tobie van den Bergh.
Een van die gemeentes wat by die nuwe Suid-Afrika aangepas het is Corpus Christi in Aerorand.
Aerorand Wes se demografie het die laaste vyf jaar dramaties verander en die gemeente het deesdae ook ’n Engelse diens.
Corpus Christi staan ook bekend as die “kerk met die baie jong mense”.
