Video: VW Polo byna tussen twee trokke vasgedruk in Meyerstraat
'n Volkswagen Polo wat vanoggend tussen twee trokke deurgeskiet het, was so byna in 'n ernstige ongeluk!
As ‘n trokdrywer nie rem getrap het nie, sou die trok ‘n VW Polo vanoggend tussen hom en ‘n stilstaande trok in Meyerstraat vasgedruk het.
Wynand Spencer sê sy trok het gelukkig nie ‘n vrag opgehad nie, anders sou daar vandag ‘n baie erntige ongeluk plaasgevind het.
Hy het vanoggend opgery in Meyerstraat (Cowen Ntulistraat se kant toe).
Uit die hoek van sy oog het hy gesien daar staan ‘n ander trok in die linkerkantste baan.
Die volgende oomblik het ‘n VW Polo op ‘n hoë spoed aan die linkerkant by hom verbygekom. Hy het besef die Polo gaan in die stilstaande trok vasry en rem getrap.
Die Polo het daarna direk na regs voor hom ingeskiet en verder gejaag. Daar was egter nog ‘n trok in die regterbaan en moes die bestuurder van daardie trok vinnig oorgaan na die linkerbaan om te voorkom dat die Polo agter in hom vasry.
@middelburgobserver This morning in Meyer Street, Middelburg, a serious accident was narrowly avoided! Truck driver Wynand Spencer had to slam on brakes to stop his truck from crushing a VW Polo between his vehicle and a stationary truck standing in the road. Video: Wynand Spencer. TruckDriver, NearMiss, MiddelburgObserver.
