Julle wat so grappies maak oor Willie le Roux wat al lankal met pensioen moes gegaan het, kan dalk Saterdag julle woorde sluk.
Le Roux is op die bank gekies vir die Bulle se eerste Vodacom Verenigde Rugby Kampioenskap wedstryd teen die Ospreys op Loftus Versfeld.
Afskop is om 14:00.
Johan Goosen is beseer en Keegan Johannes begin in die nommer tien trui met Le Roux wat waarskynlik, behalwe vir heelagter, ook losskakel dekking moet verleen.
Jan Serfontein is na agt jaar terug op senter en sal die middelveld saam met David Kriel beman.
Die nuwe skrumskakel aanwins van die Stormers af, Paul de Wet, begin op die plaasvervangersbank met Embrose Papier steeds die nommer een keuse.
Bulle:
- Gerhard Steenekamp
- Johan Grobbelaar
- Mornay Smith
- Cobus Wiese
- JF van Heerden
- Marcell Coetzee (k)
- Mpilo Gumede
- JJ Theron
- Embrose Papier
- Keagan Johannes
- Sebastian de Klerk
- Jan Serfontein
- David Kriel
- Cheswill Jooste
- Devon Williams
- Juann Else
- Alu Tshakweni
- Francois Klopper
- Nicolaas Janse van Rensburg
- Nama Xaba
- Paul de Wet
- Stedman Gans
- Willie le Roux
