Twee naweke, drie Middelburg Marathonklub drawwers en ses podiumplekke.
Ander dorpe in die provinsie kan kom kers opsteek by die dorp se veteraan sportmanne.
Wanneer dit by ouderdomskategorieë kom, staan hulle gereeld op die heel boonste trappie van die podium.

Soos voorheen berig, daar moet iets in die Klein Olifantsrivier se water wees.
Twee weke gelede het Des Jelliman in die 70+, Fransie du Toit 50 tot 59 en Audrey Turpin 60 tot 65 ouderdomsgroep deelgeneem en hulle kategorieë gewen tydens die Bell wedloop op Bethal.
Des en Fransie het aan ’n 10km deelgeneem en Audrey het ’n halfmarathon aangedurf.

Saterdag op pad na eMalahleni waar hulle weer aan ’n wedloop gaan deelneem het, het Des gesê hy droom dat hulle al drie weer sal wen.
Soos op Bethal het hulle 10km en’n halfmarathon aangedurf.
En so wraggies daar doen hulle dit weer.
Twee wedlope, ses podiumplekke tussen die drie!
