Die kombinasie van Gendall en Breytenbach word more vir die Puma o/21 span voortgesit, wanneer die jong span by Hoërskool Tom Naude op Polokwane teen die Limpopo Blou Bulle speel.
Die seuns van Gerry Gendall en Conrad Breytenbach, Gerald (Gerry) Gendall en Valera Breytenbach is weer op losskakel en flank gekies.
Die Puma span is:
Divan Spangenberg, Lian Jordaan, Tyran Moolman, Marnus Rademeyer (k), Ashwin Jones, Gerry Gendall, Jahno Lehman, Ben Burger, Juandro Mostert,, Valera Breytenbach, Samkelo Hadebe, Ewald Kirstein, Lusanda Mhlongo, Yamkela Mkize, Ibrahim Jimoh. Plaasvervangers: Tian Viljoen, Duard Deichman, Xavier Boikanyo, Nkateko Phakula, Stephen Tshimanga, Caeden Moller, Louis Jordaan, Kutloano Seabela.
Intussen het die Blou Bulle se o/21 span vanmiddag kuikenmoord gepleeg deur die Vrystaat Cheetahs met 92-5 af te ransel.
Dit was duidelik dat die jong Bulle die ervaring wat hulle in die Curriebeker opgedoen het op die speelveld uitleef.
Die Bulle se o/19 span het die Cheetahs 31-12 geklop.
