Daar is gedurende laasnag weer twee hekmotors in Kanonkop gesteel.
Een van die hekmotors is in Oribistraat gegaps en die ander een by Laerskool Kanonkop.
Arthur Hill van die Middelburg Dagpatrollie het intussen ‘n gesteelde hekmotor in Mhluzi opgespoor.
‘n Lid van sy Dagpatrollie WhatsApp groep het vanoggend net na 03:00 ‘n man in Mhluzi gewaar, wat ‘n hekmotor by hom gedra het.
Die Dagpatrollie het sy voelers oral uitgesteek na die diefstalle, en so is die hekmotor opgespoor.
Toe die lid egter by die man kom, het hy die hekmotor laat val en gevlug.

Hy kon nie ingehaal word nie.
Ongelukkig behoort die hekmotor nie aan die Oribistraat huis of die laerskool nie.
Die D5 Centurion hekmotor is by die Mhluzi polisiestasie ingehandig.
Die hekmotor is nog toegerus met ‘n staal sekuriteitsmeganisme.
Die eienaar kan die meganisme se sleutel saamneem polisiestasie toe sodat die hekmotor oorhandig kan word, indien die sleutel pas.
Vir meer navrae skakel Arthur Hill by 083 870 9693.
