‘Bekwame hand’ in VLU sirkels oorlede na kankerstryd
VLU staatmaker vyf maande na diagnose oorlede.
Plaaslike Vroue Landbou-Unie lede het Vrydag een van hul mees bekwame leiers, en mees geliefde vriendinne, aan die dood afgestaan.
Daar is diepe rou oor die heengaan van die voormalige Ouklip VLU voorsitter, Annette Strydom, wat Vrydagmiddag in die Pretoria-Oos hospitaal beswyk het aan kanker.
Annette is in Meimaand gediagnoseer met terminale kanker.
Daar was geen tekens van die siekte voor haar diagnose nie.
Volgens haar goeie vriendin, Kathy Erichsen, het Annette geen pyn gehad voor of na haar diagnose nie.
Sy het egter twee weke gelede erg siek geraak, met haar organe wat na haar opname in Pretoria-Oos hospitaal ingegee het.
Sy sou Donderdag nog dialiese kry nadat ernstige nierversaking posgevat het.
Sy is egter in die hoësorgeenheid opgeneem omdat haar toestand toenemend verswak het.
Nadat sy van hoësorg na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas is, is sy Vrydagmiddag daar oorlede.
Volgens Kathy het Annette geen ander opsie gehad as om op homopatiese genesing staat te maak nie, omdat Anette se mediesefonds kankerbehandeling soos chemoterapie afgekeur het.
Daar sal meer oor Annette uitgebrei word in die komende week se uitgawe van die Middelburg Observer, wat begrafnisreëlings insluit.
