News

Historiese Meijersbrug die ongewone slagoffer van misdaad

Los in hemelsnaam ons brug uit!

Historiese gedenkplate was nog altyd ‘n teiken vir skrootmetaaldiewe, maar nou wend hulle hul aandag op vaste eiendom.

Erfenis fakkeldraers sal kook van woede om te leer dat ‘n reuse stuk staal onlangs uit die geskiedkundige Meijersbrug gesteel is.

Eintlik moet die hele Middelburg gemeenskap in oproer wees, omdat die landmerk een van die dorp se mooiste erfenisse is en aan die gemeenskap behoort.

Boonop weet almal dat die regering nie erfenisse onderhou nie.

‘n Stuk van die brug is netjies uitgesaag, nadat stompe op die brug gepak is om voertuie van die landmerk af te hou.

Die stompe is op die brug gepak nadat gefrustreerde inwoners kortpad oor die brug, deur die veld geneem het toe daar onlangs herstelwerk in Meyerstraat gedoen is.

Selfs vragmotors het oor die brug gery voordat die stompe daar geplaas is.

Daar bly verskeie daklose swerwers onder die brûe en die diefstal kon beslis nie ongesiens gebeur het nie.

Daar sal nou gekyk moet word hoe om die brug te herstel, met inwoners wat meer polisiepatrollies in die omgewing vra.

Die skade is deur stappers opgemerk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button