News

Dié drie kan Stormers in onstuitbare span verander

Maar Bulle het die enjinkamer .

’n Stormers agterlyn wat soos Harry Houdini kan toor met Damian Willemse, Mannie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu – onstuitbaar.

Na die eerste naweek se Vodacom Verenigde Rugby Kampioenskap wedstryde sal Kapenaars vergewe kan word as hulle opgewondeheid geen perke ken nie.

Nie net het die Stormers vriend en vyand verras deur die kampioenspan van Leinster met 35-0 slae te gee nie, maar hulle Bok wonderkinders het ook teen die Argentyne uitgeblink.

Losskakel Feinberg-Mngomezulu was asemrowend goed net soos sy Stormers spanmaat, Damian Willemse, die vorige wedstryd  teen die All Blacks. Albei is ook aangewys as speler van die wedstryd.

Voeg Libbok by en jy het ’n agterlyn wat enige span sal dronk hardloop.

Bulle ondersteuners sal natuurlik sê wag-wag, julle moet eers die bal kry en wanneer Wilco Louw saam met Jan-Hendrik Wessels terugkeer om die blou skrum te anker, kan dit ’n ander storie wees. Dan is daar ook Ruanj Nortje wat die beste rugby van sy loopbaan speel en Marco van Staden wat die enjinkamer versterk.

Naweek se VRK uitslae:

Connacht 26 – Benneton 15.

Cardiff 33 – Leeus 20.

Stormers 35 – Leinster 0.

Glasgow Warriors 35 – Haaie 19.

Ulster 42 – Dragons 21.

Bulle 53 – Ospreys 40.

Zebre 31 – Edingburgh 28.

Munster 34 – Scarlets 21 .

Naweek se bepalings:

3 Oktober

19:00 Stormers vs Ospreys.

21:05 Edingburgh vs Ulster.

21:05 Dragons vs haaie.

Saterdag 4 Oktober.

14:45  Connacht vs Scarlets.

18:30 Benetton vs Glasgow Warriors.

18:30 Bulle vs Leinster.

20:45 Munster vs Cardiff.

Sondag 5 Oktober

16:00 Zebre vs Leeus.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button