
“Valera jou doring, jou vierdubbele doring!” So sou die legendariese Afrikaanse omroeper, Gerhard Viviers, seker die kragmeting tussen die Puma o/21 span en die Limpopo Blou Bulle uitgesaai het.
Die seun van Conrad Breytenbach het ’n vierkuns aan drieë behaal en is aangewys as speler van die wedstryd.
Dit was ’n slagting in Polokwane met die Pumas wat 102-5 gewen het.

Die Pumas is ondanks die groot oorwinning steeds tweede op die punteleer met 16 punte. Die Griffons is na vier wedstryde op 20 punte.
Grens het die naweek in die Suidafdeling ’n verassende oorwinning van 34-31 oor Boland behaal.
Ander uitslae van die naweek se klubrugby in die Gold Cup is:
Naka Bulle 66 Safcol (Boland) 8.
Pretoria Harlequins 64 Nelspruit 31.
Northam Rhinos 101 Welkom Rovers 11.
Centurion 20 Witrivier 18.
