News

Video: Die reënseisoen het pas begin!

Die reënseisoen het pas begin en is almal sommer lus om in die reën te gaan dans!

Die ‘oumense’ het altyd gesê dat dit ’n nat seisoen gaan wees as dit begin reën ná 10 Oktober – die verjaardag van president Paul Kruger!

Die reënweer laat hom egter nie voorskryf nie en het die koel luggie gisteraand die druppels sterk aangedra Middelburg se kant toe.

In die middernag het ons al lus gehad om: “Rain…rain…rain…rain, keep on falling!” te sing en ‘n paar het sommer, “Al die veld is vróóólik!” geneurie!

Die lekkerste was die vars lug vanoggend nadat die reën die ergste stof afgewas het en die groot reëndruppels wat van die blomme en blare afgedrup het.

Die groot druppels reën op ‘n roos vroeg vanoggend na die donderstorm gisteraand. Foto: Daleen Naude.

In Middelburg is tussen 18mm en 20mm reën deur die loop van die nag gemeet en op Hendrina is 11mm gemeet.

Die sonnetjie het in die oggend ‘n paar keer sy kop uitgesteek, maar daarna het dit weer toegetrek en vir die res van die nat middag.

Vroegoggend het dit ‘n rukkie oopgetrek, waarna die wolke weer saamgepak en ‘n verkwikkende reënbui gevolg het. Foto: Daleen Naude.

Motoriste het van oraloor laat weet dat dit in en om Middelburg gestortreën het en dat sig swak en paaie nat was.

Volgens die weervoorspelling gaan die son weer teen more deurbreek. Dinsdag en Woendsag is dit koel, maar ’n sonnige, warm dag word vir Donderdag voorspel.

@middelburgobserver

The rainy season has officially arrived! Middelburg woke up to a thunderstorm and showers on and off until 16:00 today (September 29). Everyone enjoyed the fresh air and smell of rain. RainSeason, Thunderstorm, WeatherForecast, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button